TWEERIGTINGSTRAAT TWIETS
May 7, 2012 in Blog
Woorde: Frank Botha
Ek sê altyd: “rassisme is ‘n tweerigtingstraat”. Èn dit, kosbare leser, is presies wat ‘n swart model via Twitter bewys het. Tshidi Thamana het laas Vrydag getwiet: “Beste mnr. Peter Mokaba… Ek wens alle wit mense is doodgemaak toe jy ‘Kill the Boer’ gesing het, dan sou ons nie nou @JessicaLeandra se rassisme ervaar het nie.” Sy verwys natuurlik na Jessica Leandra Dos Santos se veelbesproke rassistiese twiet oor ‘n “’n arrogante en disrespekvolle k****r in Spar” wat haar “uit haar klere uit gekyk, sy tong geklik en ’n aanmerking gemaak” het. Thamana se twiet het òòk hewige reaksie ontlok en sy het dit later verwyder. Suid-Afrika is allermins die reenboognasie wat baie van ons in 1994 gehoop het dit sou wees. Rassediskriminasie is steeds met ons. En, vrinne, daardie demoon gaan nie oornag verdwyn nie. Solank die Tshwane-metroraad aan Afrikaanse straatname in Pretoria torring, sal ons teen “húlle” in opstand kom. Daar is swartes wat voel dat blankes steeds voorgetrek word, dus sal hulle ons bly blameer. Thamana het aanvanklik geweier om om verskoning te vra vir haar twiet, maar het uiteindelik gister boedel gegee: “Ja, rassisme is verkeerd en ek vra om verskoning… Dit is uit woede getwiet.” Dos Santos is ook “bitter spyt” oor haar twiet.














Volg Vreesloos Afrikaans